Zechariah 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy my aangeroep en met my gespreek en gesê: Kyk, dié wat na die noordelike land toe trek, het my gees in die noordelike land stilgemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het my geroep en gesê: “Dié wat noord gaan, laat die woede van my Gees daar bedaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde. |
| Afrikaans 1983 | Die engel het vir my geskree: “Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die engel het hard na my geroep en verklaar: “Kyk, hulle wat na die noordelike gebiede gaan, bring my Gees tot rus in daardie gebiede.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die engel het vir my geskree en gesê: “Kyk, die oorlogkar wat na die land in die noorde gaan, neem die Gees van die Here saam na daardie land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het my geroep en vir my gesê: “Die oorlogswa wat noord gery het, bring my Gees daarnatoe. Ek weet nou dinge sal daar onder beheer wees.” |