Zechariah 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die baai het uitgetrek en gesoek om te gaan om deur die aarde heen en weer te loop, en hy het gesê: Gaan weg, loop heen en weer deur die aarde. So het hulle heen en weer deur die aarde geloop.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sterk perde was gretig om weg te trek en die aarde kruis en dwars te patrolleer. Eers toe Hy sê: “Gaan en deurkruis die aarde,” het hulle dit gedoen.
Afrikaans 1933/1953 En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.
Afrikaans 1983 Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: “Spring weg, deurkruis die aarde!” het hulle dit gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie sterk perde het uitgetrek, gretig om die aarde te deurkruis, want die Heer het gesê, ‘Gaan, deurkruis die aarde!’ En hulle het die aarde deurkruis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grys perde wou oral op die aarde gaan, en die engel het gesê: “Gaan! Gaan oral op die aarde!” Hulle het toe na al die plekke op die aarde gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die perde was sterk en vol energie. Hulle was lus om weg te spring om die patrollies oor die aarde te ry. Die Here het gesê: “Gaan ry kruis en dwars oor die aarde!” Hulle het uitgegaan om die wêreld mooi deur te kyk.