Zechariah 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier geeste van die hemele wat uitgaan om voor die HERE van die hele aarde te staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het geantwoord: “Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan van waar hulle voor die Here van die aarde staan.
Afrikaans 1933/1953 En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.
Afrikaans 1983 Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die engel antwoord my en sê: “Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle voor die Heer van die hele aarde verskyn het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel het vir my gesê: “Die oorlogkarre kom van die Here van die hele aarde, en nou gaan hulle na die noorde, die suide, die ooste en die weste.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy antwoord was: “Dit is vier winde wat van die hemel af kom. Die Here het hulle gestuur. Hulle gaan in verskillende rigtings.