Zechariah 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal ook die tempel van die HERE bou; en hy sal die eer dra en sit en heers op sy troon; en hy sal 'n priester op sy troon wees, en die raad van vrede sal tussen hulle altwee wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die Here se tempel bou en met eer beklee word. Van sy troon af sal hy as koning heers. Hy sal ook vanaf sy troon as priester dien en daar sal vrede en harmonie tussen hulle twee wees.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.
Afrikaans 1983 Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is die een wat die tempel van die Here sal bou, hy is die een wat koninklike eer sal uitstraal. Hy sal sit en heers op sy troon. Daar sal ook 'n priester op sy eie troon wees en daar sal eenstemmigheid wees tussen hulle twee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, dit is hy wat die tempel sal bou. Hy sal 'n belangrike man wees. Hy sal op die troon sit en hy sal regeer. Die priester sal saam met hom regeer, en hulle twee sal goed saamwerk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy sal nie net die tempel bou nie, die mense sal hom as ’n koning sien. Hy sal op sy troon sit en die land regeer. ’n Priester sal saam met hom regeer. Hy en die priester sal goed oor die weg kom en in vrede saamwerk.