Zechariah 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En spreek met hom en sê: So spreek die HERE van die leërskare: Hier is die man wie se naam die LUIT is; en hy sal uit sy plek opgroei en die tempel van die HERE bou.
Afrikaans (NLV) 2011 Vertel hom dat die Here, die Almagtige, sê: Hier is die man met die naam Loot. Hy sal uitspruit van waar hy is en die tempel van die Here bou.
Afrikaans 1933/1953 en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou.
Afrikaans 1983 Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot. Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sê dan vir hom: ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, “Hier is 'n man wat Loot genoem word. Daar waar hy is, sal hy uitspruit en die •tempel van die Here bou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir hom sê die Here wat oor alles regeer, sê: Daar sal 'n man kom, sy naam is Loot. Hy sal die leier word en hy sal die tempel van die Here bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê dan vir hom: Die Here wat sterker is as alles en almal sê: ’n Man sal na vore kom wat ‘jong tak’ genoem word. Hy kom uit die familie van koning Dawid. Hy sal die tempel van die Here weer bou.