Zechariah 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het omgedraai en my oë opgeslaan en gekyk, en kyk, daar kom vier strydwaens tussen twee berge uit; en die berge was berge van koper. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het weer opgekyk en vier strydwaens tussen twee koperberge sien uitkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk -- daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper. |
| Afrikaans 1983 | Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek weer kyk, sien ek daar kom sowaar vier strydwaens tussen twee berge uit – die berge was van brons. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het vier oorlogkarre gesien. Die oorlogkarre het tussen twee berge uitgekom. Die berge was van koper. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het weer ’n droom gehad. Vier oorlogswaens het tussen twee berge uitgekom. Die berge het so ’n koper kleur gehad. |