Zechariah 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe slaan ek my oë op en kyk, en kyk, daar kom twee vroue uit, en die wind was in hulle vlerke; want hulle het vlerke gehad soos die vlerke van 'n ooievaar, en hulle het die efa opgehef tussen die aarde en die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het opgekyk en twee vroue met vlerke wat in die wind sweef, na ons toe sien aankom. Hulle het vlerke soos ’n ooievaar gehad en het die mandjie opgetel en daarmee die lug in gevlieg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe slaan ek my oë op en kyk -- daar kom twee vroue te voorskyn met die wind in hulle vlerke; en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van 'n groot sprinkaanvoël, en hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel. |
| Afrikaans 1983 | Toe sien ek twee vroue aankom wat met vlerke op die wind sweef, vlerke soos dié van 'n grootsprinkaanvoël. Hulle het die mandjie opgetel en is daarmee die lug in. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe ek opkyk, sien ek: Daar kom twee vroue aan met wind in hulle vlerke! Hulle het vlerke soos 'n ooievaar gehad. Hulle het die mandjie opgelig en tussen hemel en aarde laat hang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sien toe daar kom twee vroue. Hulle het vlerke gehad soos groot sprinkaan-voëls. Hulle het die mandjie opgetel en weggevlieg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ek weer opkyk, sien ek twee vroue met vlerke wat aangevlieg kom. Hulle het in die wind gesweef. Hulle vlerke het soos ’n ooievaar s’n gelyk. Hulle het die mandjie opgetel en daarmee weggevlieg die lug in. |