Zechariah 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het gesê: Wat is dit? En hy sê: Dit is 'n efa wat uitgaan. Hy het verder gesê: Dit is hulle ooreenkoms oor die hele aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat is dit?” het ek gevra. Hy het geantwoord: “Dit is ’n mandjie om graan mee te weeg en dit is vol van die sonde van die mense oor die hele land.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê ek: Wat beteken dit? En hy antwoord: Dit is die efa wat te voorskyn kom. Verder het hy gesê: So lyk hulle in die ganse land.
Afrikaans 1983 Ek het gevra: “Wat is dit?” en hy het gesê: “Dit is 'n graanmandjie wat aankom.” Hy het bygevoeg: “Dit bevat die sonde van almal op aarde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê ek: “Wat is dit?” En hy antwoord: “Dit is 'n graanmandjie wat hier aankom.” En hy sê verder: “Dit is die sondeskuld van die hele land.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gevra: “Wat is dit?” Die engel het gesê: “Dit is 'n mandjie.” Die engel het ook gesê: “Die sonde van al die mense op die aarde is in die mandjie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek vra toe: Wat is dit? Sy antwoord was: “Dit is ’n mandjie wat gebruik word om graan mee af te meet. Dit is vol al die verkeerde goed wat die mense in die land gedoen het.”