Zechariah 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal dit uitbring, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal ingaan in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal in die middel van sy huis bly en verteer dit met sy hout en sy klippe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Ek stuur hierdie vloek tot binne-in die huis van elke dief en tot binne-in die huis van elkeen wat in my Naam vals sweer. My vloek sal in daardie huis bly totdat dit heeltemal vernietig is — selfs sy houtwerk en klippe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En laat dit uitgaan, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe. |
| Afrikaans 1983 | Ek stuur die vervloeking, sê die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van dié wat in my Naam 'n vals eed aflê. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het die vloek uitgestuur,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Dit sal die huis van 'n dief binnedring en ook die huis van elkeen wat by my Naam vals sweer. Die vloek sal in sy huis bly en dit verwoes, die hout en ook die klippe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, het gesê: Ek vervloek die mense wat steel en wat dinge belowe wat hulle nie wil doen nie. Ek sal hulle huise heeltemal verwoes, die hout en ook die klippe van die huise.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat oor alles en almal heers, sê sy straf sal elke huis raak waar iemand iets gesteel het. Dit raak ook die huise van die mense wat vals sweer. Hulle praat kastig die waarheid en gebruik die Naam van die Here om hierdie sogenaamde waarheid te bewys. Die Here sal hierdie mense swaar straf: hulle huise sal heeltemal verwoes word. Daar sal niks van die hout en die stene van die huise oorbly nie. |