Zechariah 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir my: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien 'n vlieënde rol; sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat sien jy?” het die engel gevra. “Ek sien ’n boekrol wat vlieg,” het ek geantwoord. “Dit is omtrent nege meter lank en vier en ’n half meter breed.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien 'n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.
Afrikaans 1983 Die engel het vir my gevra: “Wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien 'n boekrol wat in die lug sweef. Dit is nege meter lank en vier en 'n half meter breed.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel sê toe vir my: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien 'n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel het vir my gevra: “Wat sien jy?” Ek het gesê: “Ek sien 'n boekrol wat vlieg. Dit is 20 el lank en tien el breed.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel het vir my gevra: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: ’n Boek wat deur die lug vlieg. As ’n mens die boek afrol, is dit nege meter lank en vier en ’n half meter breed.