Zechariah 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir my gesê: Om daarvoor 'n huis te bou in die land Sinear; en dit moet vasstaan en daar op sy eie grond staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het geantwoord: “Na Babilonië toe, om daar vir die mandjie ’n tempel te bou. Wanneer die tempel gereed is, sal die mandjie daar op sy voetstuk neergesit word.”
Afrikaans 1933/1953 En hy antwoord my: Om vir haar 'n huis te bou in die land S¡near; en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit.
Afrikaans 1983 Hy het geantwoord: “Hulle gaan vir die mandjie 'n huis bou in Sinar. As dit klaar is, sal die mandjie daar op die plek gesit word waar hy hoort.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hy antwoord my: “Na die land Sinar om vir die mandjie 'n huis te bou; en wanneer die huis gereed is, sal die mandjie op sy voetstuk geplaas word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En hy het vir my gesê: “Hulle bou vir die vrou 'n huis in die land Babel. Wanneer die huis klaar is, dan sal hulle die mandjie daar neersit. Dit is waar die vrou moet wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het geantwoord: “Babel toe. Hulle gaan daar ’n tempel vir die mandjie bou. As die bouwerk klaar is, beplan hulle om die mandjie daarin te sit.”