Zechariah 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hande van Serubbabel het die fondament van hierdie huis gelê; sy hande sal dit ook voltooi; en jy sal weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Serubbabel het die fondament van die tempel gelê, en hy sal dit klaarmaak. Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.
Afrikaans 1933/1953 Die hande van Serubb bel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.
Afrikaans 1983 Serubbabel se hande het hierdie tempel se fondamente gelê, sý hande sal dit klaar bou. Dan sal julle weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die hande van Serubbabel het die fondament van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi. Dan sal jy weet dit is die Here, Heerser oor alle magte, wat my na julle gestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Serubbabel se hande het hierdie tempel begin bou, en sy hande sal dit klaarmaak.” Daardie dag wanneer die tempel klaar is, sal julle weet dat dit die Here is wat my na julle toe gestuur het, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Serubbabel het die fondamente van hierdie tempel gelê. Hy sal die tempel klaar bou.” Die dag as dit gebeur, sal julle weet dat die Here my gestuur het.