Zechariah 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is jy, o groot berg? voor Serubbábel sal jy 'n vlakte word, en hy sal sy grafsteen te voorskyn bring met geskreeu en roep: Genade, genade daarvoor!
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is jy, grote berg? Voor Serubbabel word jy sommer ’n gelyk pad! Hy sal die laaste klip van die tempel lê en die mense sal uitroep: ‘Genade, genade oor hom!’”
Afrikaans 1933/1953 Wie is jy, groot berg? Voor Serubb bel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!
Afrikaans 1983 Selfs die grootste berg sal voor Serubbabel 'n gelykte word. As Serubbabel die laaste klip van die tempel op sy plek sit, sal die mense roep: “Mooi, mooi!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Wie is jy, groot berg? Voor Serubbabel word jy 'n vlakte. Hy sal die sluitsteen naderbring onder uitroepe van, “Genade, genade hiervoor!” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal die groot berg voor jou plat maak en jy sal die tempel bou. En wanneer jy die laaste klip op sy plek sit, dan sal die mense hard sê: ‘Die Here is goed vir ons in Jerusalem.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen probleem of struikelblok sal in sy pad staan nie. Al voel dit soos ’n berg wat in sy pad staan, dit sal gelyk gemaak word soos ’n plat vlakte. Wanneer Serubbabel die laaste steen in die tempel inbou, sal die mense skree: “Mag dit goed gaan, mag dit goed gaan met die tempel!”