Zechariah 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir my gesê: Wat sien jy? En ek het gesê: Ek het gesien, en daar was 'n kandelaar heeltemal van goud, met 'n bak bo-op en sy sewe lampe daarop, en sewe pype vir die sewe lampe wat bo-op is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir my gevra: “Wat sien jy nou?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n lampstaander van soliede goud met ’n oliebak bo-op. Rondom die oliebak is daar sewe lampe, elkeen met sewe tuite en lamppitte.
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
Afrikaans 1983 Hy het vir my gevra: “Wat sien jy?” maar hy het self voortgegaan: “Ek het gesien daar is 'n kandelaar, heeltemal van goud; bo-op is 'n oliebak met sewe tuite en sewe lamppitte in elkeen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het my gevra: “Wat sien jy?” En ek het geantwoord: “Ek het gesien: Kyk, daar was 'n menora van soliede goud. Bo-op was 'n oliebak met sewe lampe, elkeen met sewe tuite.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel het vir my gevra: “Sagaria, wat sien jy?” En ek het gesê: “Ek sien daar is 'n goue lampstaander. Bo-op die lampstaander is 'n bak en daar is olyf-olie in die bak. Daar is sewe lampe. Die olyf-olie vloei in sewe pypies na die lampe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir my gevra: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n kandelaar wat heeltemal van goud gemaak is. Bo-op die kandelaar is ’n bak waarin olie kom. Die kandelaar het sewe lampe met pypies aan om die olie na die lampe te laat loop.