Zechariah 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wie het die dag van klein dingetjies verag? want hulle sal bly wees en die skietlood in die hand van Serubbabel sien saam met dié sewe; hulle is die oë van die HERE wat die hele aarde deurloop.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie minag die dag van oënskynlik klein dingetjies? Mense sal bly wees wanneer hulle die skietlood in Serubbabel se hand sien. Hierdie sewe lampe is die oë van die Here wat die hele aarde deursoek.”
Afrikaans 1933/1953 Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe -- die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop -- met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubb bel?
Afrikaans 1983 Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Die mense sal bly wees wanneer hulle sien Serubbabel gaan aan met die bouwerk. Daardie sewe oë op die klip voor Jesua is die oë van die Here wat oor die hele wêreld kyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want wie het die dag van klein dinge gering geskat? Hulle sal bly wees en sal die skietlood in die hand van Serubbabel sien.” Hierdie sewe is die oë van die Here wat die hele aarde deurkruis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie dink dit is nie belangrik dat Serubbabel begin het om die tempel te bou nie. Almal sal bly wees wanneer hulle sien hy begin die tempel bou. Daardie sewe oë in die klip voor Jesua is die oë van die Here wat oor die hele aarde kyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie. Die mense sal rede hê om bly te wees as hulle sien dat Serubbabel met die bouwerk aangaan. Om weer tot die droom van die kandelaar terug te kom: die engel het verduidelik: “Die sewe lampe is soos die oë van die Here wat die hele wêreld deursoek.”