Zechariah 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die engel wat met my gespreek het, het weer gekom en my wakker gemaak soos 'n man wat uit sy slaap wakker gemaak word, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die engel wat met my gepraat het, het teruggekom na my toe. Hy het my wakker gemaak asof ek aan die slaap was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word. |
| Afrikaans 1983 | Die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, het teruggekom en my wakker gemaak, net soos 'n mens uit sy slaap wakker gemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die engel wat met my praat, het teruggekom en my wakker gemaak, soos iemand wat uit sy slaap wakker gemaak word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het teruggekom en hy het my wakker gemaak. Hy het my wakker gemaak soos 'n mens iemand wakker maak wat geslaap het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die engel wat tot nou toe met my gepraat het, het teruggekom en my wakker gemaak asof ek aan die slaap was. |