Zechariah 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, die klip wat Ek voor Josua neergelê het; op een klip sal sewe oë wees; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die ongeregtigheid van daardie land op een dag verwyder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk na die juweel wat Ek voor Jesua neersit, ’n enkele steen met sewe fasette. Ek sal iets daarin graveer, sê die Here, die Almagtige, en Ek sal die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het -- op die een steen is daar sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg. |
| Afrikaans 1983 | Ek sit voor Jesua 'n klip neer, en op hierdie een enkele klip is daar sewe oë. Ek gaan nou 'n graveersel daarop aanbring, sê die Here die Almagtige, en Ek gaan die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk daarom na die steen wat Ek voor Josua neergesit het, 'n enkele steen met sewe oë. Kyk, Ek sal 'n inskripsie daarop graveer en Ek sal die sondeskuld van hierdie land in een enkele dag wegneem,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sit 'n klip hier voor Jesua. Daar is sewe oë op die een klip. Ek sal op die klip skryf dat Ek op een dag die sonde van al die mense in die land sal vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sit ook ’n klip voor jou neer, Jesua. Hierdie klip sal sewe kante hê net soos ’n diamant wat so geslyp is. Ek gaan die volgende woorde op die klip uitkrap, sê die Here: ‘Op een enkele dag sal Ek al die verkeerde dinge wegvee wat die mense van Israel gedoen het.’ |