Zechariah 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor nou, o Josua, die hoëpriester, jy en jou maats wat voor jou sit, want hulle is mense wat verwonderd is, want kyk, Ek bring my kneg, die SPRUIT, voort.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na My, Jesua, die hoëpriester, en al jou ander priesters. Julle is die simbole van goeie dinge wat kom. Binnekort gaan Ek my dienaar, die Loot, bring.
Afrikaans 1933/1953 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit -- ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom!
Afrikaans 1983 Luister, Jesua, hoëpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit: jou vriende is 'n teken van iets wat kom. Ek gaan my dienaar Loot nou bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Luister tog, Josua, hoëpriester, jy en jou medepriesters wat voor jou sit, manne wat as 'n teken dien; want kyk, Ek gaan my dienaar, die Loot, laat kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hoëpriester Jesua, jy en jou vriende wat voor jou sit, moet luister na wat Ek sê. Julle is die tekens van die dinge wat sal gebeur: Ek sal nou my dienaar bring, sy naam is Loot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoor hier, Jesua, jy wat die hoëpriester is, en ook al die ander priesters wat by jou is, moet besef: mense sal na julle as leiers kyk en moed skep vir die toekoms. Binnekort gaan Ek iemand laat kom wat vir My sal werk. Hy is soos ’n jong tak van ’n boom; die toekomstige koning van Juda wat uit koning Dawid se familie kom.