Zechariah 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het gesê: Laat hulle 'n mooi tulband op sy hoof sit. En hulle het 'n mooi tulband op sy hoof gesit en hom met klere aangetrek. En die Engel van die HERE het bygestaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê ek: “Kan hy ook ’n skoon tulband op sy kop kry?” Hulle het toe ’n skoon priesterlike tulband op sy kop gesit en nuwe klere vir hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê ek: Laat hulle 'n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê ek: “Hulle moet 'n skoon tulband op sy kop sit!” Hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar by staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê ek: “Laat hulle 'n skoon •tulband om sy kop draai.” Terwyl die engel van die Here daar staan, het hulle die skoon tulband om sy kop gedraai en vir hom die klere aangetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Sagaria, het toe gesê: “Julle moet 'n skoon tulband op sy kop sit.” Hulle het toe 'n skoon tulband op Jesua se kop gesit en hulle het ander klere vir hom aangetrek. Die Engel van die Here het daar gestaan |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek gesê: “Bind asseblief ook vir hom ’n skoon tulband om sy kop!” Hulle het toe ’n skoon tulband om sy kop gebind. Verder het hulle ook vir hom nuwe klere aangetrek terwyl die engel van die Here staan en kyk het. |