Zechariah 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my Josua, die hoëpriester, gewys wat voor die Engel van die HERE staan, en die Satan wat aan sy regterhand staan om hom teë te staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel het Jesua, die hoëpriester, vir my gewys. Hy het voor die engel van die Here gestaan. Die Satan het regs van die engel gestaan, besig om Jesua van baie dinge aan te kla.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
Afrikaans 1983 Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Hy die hoëpriester Josua aan my gewys. Hy staan voor die •engel van die Here met Satan wat hom aankla aan sy regterkant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het weer vir my iets gewys. Die hoëpriester Jesua het voor die Engel van die Here gestaan, en die Satan het regs langs Jesua gestaan. Die Satan het vir Jesua beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my weer laat droom. Die droom was van die belangrike priester Jesua wat voor die engel van die Here staan. Regs van Jesua het Satan gestaan, die een wat hom aankla. Hy het vertel wat Jesua verkeerd gedoen het.