Zechariah 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal koning wees oor die hele aarde: in dié dag sal daar een HERE wees, en sy Naam een. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in die dag sal die HERE een wees, en sy Naam een. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste God wees, en sy Naam die enigste Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal koning word oor die hele aarde. In daardie tyd sal die Here die enigste wees, en sy Naam die enigste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Hy alleen sal die Here wees, en almal sal net vir Hom aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal koning wees oor die hele wêreld. Daardie dag sal almal weet dat Hy die enigste God is. Sy Naam sal die enigste Naam wees wat genoem word. |