Zechariah 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit sal een dag wees wat aan die HERE bekend sal wees, nie dag of nag nie; maar dit sal gebeur dat dit in die aand lig sal wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog sal dit aanhoudend dag wees! Net die Here weet hoe dit kan gebeur! Daar sal geen normale dag of nag wees nie, want teen die aand se kant sal dit steeds lig wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal 'n enige dag wees wat aan die HERE bekend is -- geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. |
| Afrikaans 1983 | Dit sal 'n besondere dag wees. Wanneer dit sal wees, weet net die Here. Daar sal nie dag of nag wees nie: as dit aand word, sal daar steeds lig wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal 'n uitsonderlike tyd wees wat net aan die Here bekend is, sonder dag of nag. Teen die aand sal dit lig word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal ’n snaakse dag wees, want die daglig sal nie ophou nie. Net die Here weet wanneer dit sal wees. Daar sal nie gewone dag of nag wees nie. Al word dit aand, sal dit nog steeds lig bly. |