Zechariah 14:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, elke pot in Jerusalem en in Juda sal heilig wees aan die HERE van die leërskare; en almal wat offer sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet meer wees in die huis van die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elke pot in Jerusalem en Juda sal heilig vir die Here, die Almagtige, wees. Enigiemand wat kom offer, sal vry wees om enige pot te gebruik waarin hulle offers kan kook. Op daardie dag sal daar nie meer handelaars in die tempel van die Here, die Almagtige, wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in die dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Elke pot in Jerusalem en Juda sal aan die Here die Almagtige gewy wees. Die mense wat kom offer, sal van die potte vat en vleis in hulle kook. Daardie dag sal daar in die huis van die Here die Almagtige geen handelaar meer wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke kookpot in Jerusalem en Juda sal heilig wees vir die Here, Heerser oor alle magte. Almal wat wil offer, sal kom en van die kookpotte neem en daarin kook. Daar sal op daardie dag nie meer 'n handelaar in die huis van die Here, Heerser oor alle magte, wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die potte in Jerusalem sal gewy wees aan die Here wat oor alles regeer. Almal wat wil offer, sal kom en hulle sal party van die potte vat. Hulle sal die vleis vir die ete-offers in die potte kook. Daar sal nie weer iemand in die tempel wees wat goed koop en verkoop nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat sal gebeur, is dat elke kookpot in Jerusalem en Juda gebruik sal word in diens van die Here. Enige mens wat sal kom om die Here te eer sal hierdie potte mag gebruik om hulle offervleis in te kook. Daar sal in hierdie tyd ook nie meer mense wees wat in die tempel van die Here koop en verkoop nie. Hy is die Here wat sterker is as alles en almal. |