Zechariah 14:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal daar op die klokkies van die perde wees: HEILIG AAN DIE HERE; en die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag sal daar selfs op die klokke van die perde se tuie geskryf staan: Heilig vir die Here. Die potte in die tempel van die Here sal net so heilig wees as die bakke wat langs die altaar gebruik word. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal daar op die klokkies aan die perde se tuie staan: “Gewy aan die Here”, en die potte in die huis van die Here sal net soos die offerkomme by die altaar wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal op die klokkies van die perde staan “Heilig vir die Here ”, en die kookpotte in die huis van die Here sal soos die offerbakke voor die altaar wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal die mense skryf op die klokkies aan die perde se tuie. Hulle sal skryf: “ Gewy aan die Here.” Die potte in die tempel sal gewy wees, soos die bakke by die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd sal daar selfs op die klokkies aan die perde se tuie geskryf staan: “Spesiaal bedoel vir die Here.” Die potte wat in die tempel van die Here gebruik word om in te kook, sal net so belangrik wees as die potte wat by die offeraltaar gebruik word. |