Zechariah 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal al die nasies teen Jerusalem versamel om te veg; en die stad sal ingeneem word en die huise geplunder en die vroue onteer word; en die helfte van die stad sal in ballingskap uitgaan, en die oorblyfsel van die volk sal nie uit die stad uitgeroei word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag sal Ek al die nasies bymekaarmaak om teen Jerusalem oorlog te maak. Die stad sal ingeneem word, die huise geplunder en die vroue sal verkrag word. Die helfte van die stad se inwoners sal in ballingskap gaan en die ander helfte sal oorleef tussen die ruïnes van die stad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal al die nasies bymekaarmaak vir 'n oorlog teen Jerusalem. Die stad sal ingeneem word, die huise sal geplunder word en die vrouens verkrag word. Die een helfte van die stad se inwoners sal in ballingskap gaan, maar die ander helfte sal nie uit die stad verwyder word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal al die nasies vir die oorlog teen Jerusalem byeenbring. Die stad sal ingeneem word, die huise geplunder en die vroue verkrag word. Die helfte van die stad sal in ballingskap weggaan, maar die res van die volk sal nie uit die stad uitgeroei word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal al die volke bymekaarmaak om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle sal die stad oorwin en hulle sal die goed uit die huise vat en die vroue verkrag. Hulle sal die helfte van die stad se mense vang en wegvat. Die ander helfte van die mense sal in die stad bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd sal die Here al die nasies bymekaarmaak om oorlog teen Jerusalem te maak. Hulle sal die stad inneem en die goed in die huise steel. Erger nog, hulle sal die vroue in Jerusalem onsedelik aanrand. Hulle sal die helfte van die stad se mense uit die land wegvat. Die ander helfte sal in die stad kan bly. |