Zechariah 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, wat geen reën het nie; daar sal die plaag wees waarmee die HERE die nasies sal tref wat nie optrek om die huttefees te vier nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die volk van Egipte weier om die fees by te woon, sal die Here hulle straf met dieselfde plaag waarmee Hy ander nasies wat geweier het om te kom, tref. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. |
| Afrikaans 1983 | En as die Egiptenaars nie kom nie, sal die Here hulle met dieselfde ramp tref as die ander nasies wat nie kom om die huttefees te vier nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die familiegroep uit Egipte nie optrek en na Jerusalem kom nie, sal daar oor hulle nie reën val nie. Dit sal die plaag wees waarmee die Here die nasies tref wat nie opgaan om die Huttefees te vier nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die mense van Egipte nie kom nie, dan sal die Here hulle straf soos Hy al die ander volke straf wat nie gekom het om die Hutte-fees te vier nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as die mense van Egipte nie na die fees toe wil kom nie, sal die Here hulle straf. Dieselfde vreeslike siekte sal hulle aantas wat ander nasies getref het wat geweier het om Hom te kom dien. |