Zechariah 14:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat nie uit al die geslagte van die aarde na Jerusalem optrek om die Koning, die HERE van die leërskare te aanbid nie, sal ook op hulle geen reën kry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enige nasie iewers in die wêreld wat weier om na Jerusalem te kom om die Koning, die Here, die Almagtige, te aanbid, sal nie reën kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie -- hulle sal geen reën kry nie. |
| Afrikaans 1983 | Geen volk op aarde wat nie na Jerusalem toe kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid nie, sal reën kry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En oor diegene onder die familiegroepe van die aarde wat nie optrek na Jerusalem om voor die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, in aanbidding neer te buig nie, sal geen reën val nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die mense uit al die lande op die aarde nie na Jerusalem kom om te buig voor die Koning nie, dan sal hulle lande nie reën kry nie. Hy is die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar enige volk êrens op aarde is wat nie na Jerusalem toe wil kom om die Here, die Koning, te kom vereer nie, sal dit nie by hulle reën nie. |