Zechariah 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat oorbly van al die nasies wat teen Jerusalem opgetrek het, sal van jaar tot jaar optrek om die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid en die huttefees te vier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uiteindelik sal die vyande van Jerusalem wat die plaag oorleef het, elke jaar optrek na Jerusalem toe om die Koning, die Here, die Almagtige, te aanbid en om die Huttefees te vier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. |
| Afrikaans 1983 | Al die mense wat oor is uit die volke wat teen Jerusalem opgetrek het, sal jaar na jaar kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid en om die huttefees te vier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Almal wat oorbly uit al die nasies, wat opgeruk het om teen Jerusalem oorlog te maak, sal jaar ná jaar optrek om voor die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, in aanbidding neer te buig en om die Huttefees te vier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die volke wat oorlog gemaak het teen Jerusalem, sal nie almal dood wees nie. Al die mense wat nog lewe, sal elke jaar na Jerusalem kom en hulle sal buig voor die Koning, die Here wat oor alles regeer. Hulle sal ook die Hutte-fees vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat na alles sal gebeur, is dat die vyande van Jerusalem wat nie van die siekteplaag dood is nie, elke jaar na die stad toe sal terugkom. Wanneer hulle kom, sal dit wees om eer te kom bewys aan die Koning, die Here wat sterker as almal en alles is. Hulle sal ook kom om die fees te vier waar daar altyd hutte van takke gebou word. |