Zechariah 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal 'n groot rumoer van die HERE onder hulle wees; en hulle sal elkeen aan die hand van sy naaste gryp, en sy hand sal opstaan teen die hand van sy naaste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag sal hulle paniekbevange raak. Die Here sal hulle tref met ’n groot verwarring. Hulle sal mekaar te lyf gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag sal 'n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal die Here die mense paniekbevange laat raak: die een sal die ander aan die hand gryp en hom aanval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal die Here groot verwarring onder hulle veroorsaak. Hulle sal die een die ander se hand gryp en die een teen die ander die hand lig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [13-15] Dieselfde sal gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die vyande se kamp is. Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak, hulle sal mekaar gryp en doodmaak. Ook die mense van Juda sal oorlog maak teen Jerusalem. Maar die mense van Jerusalem sal die goed van al die ander volke rondom hulle bymekaarmaak en vat: baie goud en silwer en klere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd sal die Here ’n vreeslike angs die mense laat beetpak. In die deurmekaarspul sal hulle mekaar gryp en mekaar slaan. |