Zechariah 14:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hele land sal verander word soos 'n vlakte van Geba af tot by Rimmon suid van Jerusalem; en dit sal verhef word en in sy plek bewoon word, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die eerste poort, tot by die Hoekpoort en van die toring af van Hananeel tot by die parskuipe van die koning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele land van Geba af tot by Rimmon, suid van Jerusalem, sal een groot plein word, maar Jerusalem sal gelig word tot sy oorspronklike posisie en sal bewoon word vanaf die Benjaminpoort tot by die plek waar die ou poort was, dan tot by die Hoekpoort, en van die Gananelpoort af tot by die koning se wynperse. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Han neël tot by die parskuipe van die koning. |
| Afrikaans 1983 | Die hele land, van Geba af tot by Rimmon suid van Jerusalem, sal soos die Jordaanvallei word. Jerusalem sal gelig word daar waar hy nou is, hy sal hoog lê, van die Benjaminpoort af tot waar die poort vroeër was, tot by die Hoekpoort en die Gananeltoring, tot by die koning se wynkuipe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele land sal verander word soos die Araba vanaf Geba tot by Rimmon suid van Jerusalem. Jerusalem sal egter uittroon; sy sal gevestig wees op haar plek: van die Benjaminpoort tot by die plek van die vroeëre poort en tot by die Hoekpoort, en van die Gananeltoring tot by die koning se kuipe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele land sal 'n gelyk veld word, van die stad Geba tot by die stad Rimmon, suid van Jerusalem. Maar Jerusalem sal hoog op dieselfde plek bly, van die Benjamin-poort tot by die plek waar die eerste poort was, van die Hoek-poort en die Gananel-toring tot by die koning se parskuipe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele gebied rondom Jerusalem sal oop en uitgestrek lê. Na die noorde toe sal dit lê tot by Geba en na die suide tot so ver as Rimmon. In die middel van hierdie gebied sal Jerusalem hoog uitstaan soos vroeër. Die stad sal lê van die Benjaminingang af tot by die plek waar die ou hek was. Dan verder tot by die Hoekingang en van die Gananeltoring tot by die plek waar die koning se wyn gemaak word. |