Zechariah 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat in die hele land, spreek die HERE, twee dele daarin uitgeroei sal word en sterwe; maar die derde moet daarin oorbly.
Afrikaans (NLV) 2011 Twee derdes van die inwoners van die land sal afgesny word en omkom, sê die Here. Een derde sal oorbly in die land.
Afrikaans 1933/1953 En in die ganse land, spreek die HERE -- twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
Afrikaans 1983 Dwarsoor die land, sê die Here, sal twee derdes van hulle uitgeroei word en omkom. Daar sal net 'n derde van hulle oorbly in die land,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die hele land sal dit gebeur,” is die uitspraak van die Here, “twee-derdes sal uitgeroei word, omkom, en 'n derde sal oorbly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skape is my volk. Twee derdes van die mense in die hele land sal sterf, maar een derde van hulle sal oorbly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twee derdes van die mense sal uit die land weggeneem word en hulle sal doodgaan. Die ander derde sal in die land agterbly.