Zechariah 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ontwaak, o swaard, teen my herder en teen die man wat my metgesel is, spreek die HERE van die leërskare: slaan die herder, en die skape sal verstrooi word, en Ek sal my hand teen die kleintjies draai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Swaard, word wakker teen my skaapwagter, teen die man wat so naby aan My is, sê die Here, die Almagtige. Tref die skaapwagter sodat die skape verstrooi kan word en Ek teen die lammers kan optree. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes. |
| Afrikaans 1983 | Kom, swaard, tref die herder in my diens, sê die Here die Almagtige, tref die man wat so na aan My is. Maak dood die herder, dat die skape uitmekaargejaag kan word. Ek sal self optree, ook teen die kleinstes onder hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Swaard, word wakker teen my herder, en teen die man uit my gemeenskap,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Vel die herder neer, sodat die kleinvee uitmekaar gejaag word. Ek sal selfs my hand teen die geringes draai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Swaard, jy moet kom, jy moet die skaapwagter doodsteek wat naby My is. Jy moet die skaapwagter doodsteek, dan sal die skape weghardloop van mekaar. Dan sal Ek die lammers ook doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is magtiger en sterker as alles en almal. Hy sê dat die man wat vir Hom werk en sy volk oppas soos ’n herder skape oppas, met ’n swaard doodgemaak sal word. As hy dood is, sal die skape in verskillende rigtings uitmekaarspat. Die Here sal ook nie die gewone mense spaar nie. |