Zechariah 13:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En iemand sal vir hom sê: Wat is hierdie wonde in jou hande? Dan sal hy antwoord: Diegene waarmee ek in die huis van my vriende gewond is.
Afrikaans (NLV) 2011 “As iemand dan vra: ‘Wat is daardie wonde aan jou hande?’ sal hy sê: ‘Ek het die wonde gekry by die huis van my vriende!’”
Afrikaans 1933/1953 En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
Afrikaans 1983 En as iemand vir die profeet sê: “Wat se wonde het jy dan op jou bors?” sal hy antwoord: “Iemand het my so geslaan in die huis van my vriende.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand dan vra, ‘Wat is hierdie letsels op jou lyf? ’ sal hy antwoord, ‘Dit is hoe ek geslaan is in my vriende se huis.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as iemand vir hom vra: ‘Hoekom het jy stukkende plekke op jou bors?’ dan sal hy sê: ‘Iemand het my so geslaan toe ek by vriende gekuier het.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand hom sou vra oor die littekens wat op sy bors is, sal hy antwoord: “Ek was by vriende se huis toe ek gewond is.”