Zechariah 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur in dié dag dat die profete beskaamd sal staan, elkeen oor sy gesig as hy geprofeteer het; en hulle mag geen growwe kleed dra om te bedrieg nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Op daardie dag sal niemand spog met sy gawe van profesie nie. Niemand sal profeteklere dra met die doel om ander te bedrieg nie.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal elke profeet in die verleentheid wees met die gesigte wat hy as profeet sien, en hy sal nie meer harige profeteklere aantrek om met sy bedrog aan te gaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Op daardie dag sal elkeen van die profete skaam wees vir sy visioen toe hy geprofeteer het. Hulle sal nie 'n harige kleed aantrek met die doel om te bedrieg nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Elke profeet sal daardie dag skaam wees omdat hy gesê het die Here het vir hom gewys wat sal gebeur. Hy sal ophou om klere aan te trek wat mense laat dink hy is 'n profeet. Hy sal nie 'n rok aantrek van bokhaar-materiaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd sal die profete skaam wees om vir mense te vertel van die drome wat hulle gehad het. Hulle sal mense ook nie meer probeer flous nie. Daarom sal hulle nie die klere aantrek waaraan ’n mens kan sien dat hulle profete is nie.