Zechariah 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand nog profeteer, dan sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy sal nie lewe nie; want jy spreek leuens in die Naam van die HERE, en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy profeteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand weer begin profeteer, sal sy eie pa en ma vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here geprofeteer.’ Dan sal sy eie pa en ma hom doodsteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer iemand nog profeet probeer wees, sal sy eie pa en ma sê: “Jy mag nie lewe nie, want jy praat leuens in die Naam van die Here.” So 'n man se eie pa en ma sal hom doodsteek omdat hy profeet probeer wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en moeder wat hom in die wêreld gebring het vir hom sê, ‘Jy mag nie langer leef nie, want jy het leuens in die Naam van die Here verkondig.’ Sy vader en moeder wat hom in die wêreld gebring het, sal hom deurboor as hy wil profeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As daar nog iemand is wat 'n profeet wil wees, dan sal sy eie ouers, sy pa en sy ma, vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy vertel leuens en dan sê jy die Here het jou gestuur.’ “Sy eie ouers, sy pa en sy ma, sal hom doodsteek omdat hy 'n profeet wil wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand nog maak of hy so ’n profeet is, sal sy eie ma en pa vir hom sê: ‘Jy moet nie langer bly leef nie, want jy vertel leuens en dan maak jy of jy dit wat jy sê, by die Here gekry het.’ Sy eie ma en pa sal hom doodsteek omdat hy vals is.” |