Zechariah 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die drekgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en Ek sal ook die profete en die onreine gees veroorsaak om uit die land te gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei. Selfs die name van die afgode gaan nie meer onthou word nie. Ek gaan ook die vals profete en die onrein geeste wat hulle inspireer, verwyder. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag, sê die Here die Almagtige, laat Ek die gedagtenis aan die afgode verdwyn uit die land. Daar sal nie meer aan hulle gedink word nie. Ek gaan ook die profete en die gees van onreinheid uit die land verwyder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, “sal Ek die name van die afgode in die land uitwis, sodat hulle nie meer onthou sal word nie; en Ek sal ook die profete en die gees van onreinheid uit die land verwyder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die name van die afgode laat verdwyn. Niemand in die land sal weer aan die afgode dink nie. Ek sal ook die profete en almal wat onrein is, wegvat uit die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is sterker en magtiger as alles en almal. Hy sê: “In dié tyd sal Ek sorg dat niemand in die land eens aan afgode sal dink of hulle name sal onthou nie. Ek sal nog verder as dit gaan. Ek sal al die mense wat maak of hulle profete van die Here is, uit die land laat verdwyn. Daarmee saam sal Ek die lus wegvat wat mense het om ander gode te aanbid. |