Zechariah 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal daar 'n fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem vir sonde en vir onreinheid.
Afrikaans (NLV) 2011 “Op daardie dag sal daar ’n oop fontein vir die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem wees, ’n fontein om hulle skoon te maak van al hulle sonde en vuilheid.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal daar 'n fontein oopgemaak word om die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem te reinig van hulle sonde en hulle vuilheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Op daardie dag sal 'n fontein oopgemaak word waar die huis van Dawid en die inwoners van Jerusalem hulle sondes en •onreinheid kan afwas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal daar 'n fontein wees waar die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem hulle sonde en onreinheid kan afwas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die dag kom wat hulle verwag, sal ’n waterfontein oopgemaak word. By hierdie fontein sal Dawid se nageslag en die mense wat in Jerusalem bly, hulle was. Soos ’n mens jou was met water om skoon te kom, so sal hulle hulle was om ontslae te raak van alles wat hulle verkeerd gedoen het.