Zechariah 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem beskerm; en hy wat in dié dag onder hulle swak is, sal wees soos Dawid; en die huis van Dawid sal wees soos God soos die Engel van die HERE voor hulle uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op dié dag sal die Here die inwoners van Jerusalem beskerm. Die swakste onder hulle sal so sterk wees soos koning Dawid! Die koninklike afstammelinge sal soos God wees, soos die engel van die Here wat voor hulle uitgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in die dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal die Here die inwoners van Jerusalem beskerm. Selfs die swakste van hulle sal daardie dag soos Dawid word, en die koningshuis van Dawid sal soos 'n hemelwese word, soos die engel van die Here wat voor hulle uit gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Op daardie dag sal die Here die inwoners van Jerusalem beskerm. Dié onder hulle wat struikel sal op daardie dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid sal wees soos God, soos die •engel van die Here wat voor hulle uitgaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daardie dag sal Ek die mense beskerm wat in Jerusalem woon. Die swakste mens in Jerusalem sal soos koning Dawid wees, en die koning sal wees soos 'n engel uit die hemel. Dit sal lyk of die Engel van die Here voor hulle loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd sal die Here die mense van Jerusalem beskerm. Die swakste mense onder hulle sal so sterk wees soos koning Dawid. Op sy beurt sal Dawid se nageslag soos God self wees of soos die engel van die Here wat hulle lei. |