Zechariah 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal ook eers die tente van Juda red, sodat die heerlikheid van die huis van Dawid en die heerlikheid van die inwoners van Jerusalem hulle nie teen Juda groot maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal die oorwinning eers aan die res van Juda gee, nog voor Jerusalem, sodat die inwoners van Jerusalem en die koninklike lyn van Dawid nie groter eer as die res van Juda ontvang nie.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem die van Juda nie sal oortref nie.
Afrikaans 1983 Die Here sal die woonplekke van Juda eerste red, sodat die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem nie méér eer ontvang as Juda nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal die tente van Juda eerste red, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem nie groter sal wees as dié van Juda nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense van Juda eerste red. Ek sal dit doen, want dan sal die koning van die nageslag van Dawid en die mense van Jerusalem nie dink hulle is beter as die mense van Juda nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal eers die mense van Juda vrymaak wat nie in Jerusalem bly nie. Hy doen dit sodat die mense van Jerusalem en koning Dawid se familie nie meer eer kry as die res van Juda se mense nie.