Zechariah 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal Ek die goewerneurs van Juda maak soos 'n vuurherd tussen die hout en soos 'n fakkel in 'n gerf; en hulle sal die hele volk rondom opeet, regs en links, en Jerusalem sal weer in sy plek bewoon word, in Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op daardie dag sal Ek die stamme van Juda maak soos ’n vuur onder ’n hoop hout, of soos ’n brandende fakkel tussen afgesnyde graan. Hulle sal al die naburige nasies na alle kante toe verbrand, terwyl Jerusalem veilig sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe -- hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag maak Ek die leiers van Juda soos 'n bak vuur onder die hout, soos 'n vlam onder die afgesnyde koringare. Hulle sal al die volke rondom verteer, na alle kante toe. Maar Jerusalem sal nog staan waar hy was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Op daardie dag maak Ek die stamhoofde van Juda soos 'n bak met vuur tussen hout en soos 'n brandende fakkel tussen afgesnyde koringare. Hulle sal al die volke rondom verteer, na regs en na links, en Jerusalem sal bly net waar sy is, in Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daardie dag sal Ek dit so laat gebeur dat die leiers van Juda soos vuur onder hout is, of soos vuur tussen droë koring-gerwe. Hulle sal die ander volke rondom hulle doodmaak, en die mense van Jerusalem sal bly waar hulle was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Wanneer die verwagte tyd kom, sal Ek die families van Juda soos ’n vuur maak wat ’n hoop hout aan die brand steek. Hulle sal soos ’n fakkel wees wat gerwe koring aan die brand steek. Juda se mense sal al die volke om hulle soos ’n vuur verbrand, maar Jerusalem sal net so sonder enige skade bly staan.” |