Zechariah 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die goewerneurs van Juda sal in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem sal my sterkte wees in die HERE van die leërskare hulle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stamme van Juda sal by hulleself sê: ‘Die inwoners van Jerusalem vind hulle krag in die Here, die Almagtige, hulle God.’
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God.
Afrikaans 1983 Dan sal die leiers van Juda vir hulleself sê: “Die krag van die inwoners van Jerusalem lê in hulle God, die Here die Almagtige.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal die stamhoofde van Juda vir hulleself sê: Die krag van die inwoners van Jerusalem lê by die Here hulle God, die Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die leiers van Juda dink: Die mense van Jerusalem kan so goed oorlog maak omdat die Here hulle help, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die families van Juda sal dan erken: ‘Die Here is sterker as alles en almal. Hy gee aan die mense van Jerusalem moed en durf, want Hy is hulle God.’”