Zechariah 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag, spreek die HERE, sal Ek elke perd met verbasing slaan en sy ruiter met waansin; en Ek sal my oë oopmaak oor die huis van Juda en elke perde van die volk met blindheid slaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op daardie dag, sê die Here, sal Ek elke perd laat skrik en elke ruiter sal waansinnig raak. Ek sal waghou oor die volk van Juda, maar Ek sal die perde van die vyand verblind. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag, sê die Here, laat Ek die perde skrik en die ruiters paniekbevange raak. Ek sal my oog hou op Juda, maar die ander volke se perde sal Ek almal blind laat word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “sal Ek elke perd met verwarring tref en sy ruiter met waansin. Oor die huis van Juda sal Ek egter my oë oophou, terwyl Ek elke perd van die volke met blindheid slaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar daardie dag sal Ek die perde laat skrik. Die manne wat op die perde ry, sal nie weet wat om te doen nie. Ek sal die mense van Juda beskerm, maar Ek sal die ander volke se perde blind laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Die dag wanneer hierdie nasies Jerusalem aanval, sal Ek hulle perde op hol jaag. Ek sal sorg dat hulle niks kan sien nie. Ek sal ook dat die ruiters kop verloor. Maar oor die mense van Juda sal Ek ’n oog hou en hulle mooi oppas. |