Zechariah 12:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal Ek Jerusalem 'n swaar klip maak vir al die volke: almal wat hulleself daarmee belas, sal in stukke gekap word, al word al die mense van die aarde daarteen vergader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag sal Ek Jerusalem ’n swaar klip maak, ’n las vir al die nasies. Nie een van die nasies wat probeer om die klip op te tel, sal ongedeerd daarvan afkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag gaan Ek Jerusalem 'n rotsblok maak vir al die volke. Elkeen wat hom probeer optel, gaan homself seer maak. Al die nasies op aarde sal saamstaan teen Jerusalem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Op daardie dag maak Ek Jerusalem 'n swaar klip vir al die volke; elkeen wat dit probeer optel, sal homself ernstig beseer wanneer al die nasies van die aarde teen Jerusalem saamtrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit is wat sal gebeur: Daardie dag sal Ek Jerusalem soos 'n groot klip laat word vir al die volke. Elkeen wat die klip wil optel, sal baie seerkry. Al die volke van die aarde sal probeer om oorlog te maak teen Jerusalem, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die nasies van die wêreld sal hulle kragte bymekaarsit teen Jerusalem, maar Ek sal Jerusalem soos ’n swaar rotsblok maak. As hulle hierdie rots probeer oplig, sal hulle seerkry.” |