Zechariah 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek maak Jerusalem 'n beker van bewing vir die hele volk rondom, wanneer hulle in die beleëring is teen Juda sowel as teen Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal Jerusalem en Juda maak soos ’n bedwelmende drank. Jerusalem sal beleër word, en al die dorpe van Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan Jerusalem 'n bak wyn maak wat al die volke rondom laat slinger. Wanneer Jerusalem beleër word, sal die stede van Juda ook beleër word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, Ek gaan Jerusalem 'n bedwelmende beker wyn maak vir al die volke rondom. Dit sal ook oor Juda kom tydens die beleg van Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sal Jerusalem nou maak soos 'n beker wyn. Al die volke rondom Israel sal daarvan drink en hulle sal val soos dronk mense. Die mense van Juda sal ook swaarkry wanneer die vyande Jerusalem aanval van al die kante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder sê die Here: “Die nasies in die omgewing sal Jerusalem probeer inval. Maar Ek gaan sorg dat Jerusalem so ’n bedwelmende uitwerking op hulle sal hê dat hulle soos ’n klomp dronk mense sal wees. Wanneer Jerusalem ingeval word, sal al die ander stede in Juda ook ingeval word. |