Zechariah 12:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die land sal treur, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die hele Israel sal treur, elke familie afsonderlik, met die mans en vroue in verskillende groepe. Die familie van Dawid sal saam met die familie van Natan treur,
Afrikaans 1933/1953 En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;
Afrikaans 1983 Die land sal treur, die mans in elke familie afsonderlik, en hulle vrouens afsonderlik: die familie van Dawid en hulle vrouens, die familie van Natan en hulle vrouens,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die land sal treur, elke familiegroep op sy eie; die familiegroep van die huis van Dawid op sy eie, en die vroue op hulle eie; die familiegroep van die huis van Natan op sy eie, en die vroue op hulle eie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in die land sal treur. Elke familie sal treur, al die mans saam, en al die vroue saam. Die nageslag van Dawid sal treur, ook die nageslag van Natan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oor die hele Israel sal die mense hartseer huil. Die families in Israel sal elkeen op sy eie treur. Dit sluit in die families van Dawid, Natan,