Zechariah 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van die woord van die HERE vir Israel, spreek die HERE, wat die hemel uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in hom vorm. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie boodskap wat gaan oor die lot van Israel kom van die Here: “So sê die Here wat die hemelkoepel oopgespan het, wat die fondamente van die aarde gelê het en wat die gees in mense gevorm het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer: |
| Afrikaans 1983 | 'n Uitspraak, 'n woord van die Here teen Israel. Die Here het dit gesê, Hy wat die hemelkoepel oopgespan en die aarde op sy fondamente gesit het, Hy wat die gees van die mens gevorm het: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Profesie. Die woord van die Here oor Israel. Dit is die uitspraak van die Here, Hy wat die hemel oopgespan het en die fondamente van die aarde gelê het, wat die mens se gees in sy binneste gevorm het: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gepraat. Die Here het oor Israel gepraat. Dit is die Here wat die hemel en die aarde gemaak het, en Hy het die gees van die mens gemaak soos dit is. Die Here sê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê wat met Israel gaan gebeur. Dit is die Here wat die uitgestrekte hemel gemaak en die fondasie van die aarde gelê het. Hy gee vir mense lewe. |