Zechariah 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Ek sal julle nie voed nie; en wat uitgeroei moet word, laat dit uitgeroei word; en laat die ander elkeen die vleis van die ander eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sê toe vir hulle: “Ek wil nie meer julle herder wees nie. Dié wat wil doodgaan, moet doodgaan. Laat dié wat wegraak, wegraak. Laat dié wat oorbly, mekaar verslind!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie -- wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind! |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesê: “Ek gaan julle nie meer oppas nie. Laat dié wat wil doodgaan, doodgaan. Laat dié wat wil wegraak, wegraak. En laat dié wat oorbly, mekaar opvreet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê ek: “Ek gaan julle nie meer oppas nie. Laat dié wat sterf, maar sterf; laat dié wat wegraak, maar wegraak; en laat dié wat oorbly, mekaar verslind!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe gesê: “Ek sal julle nie oppas nie. Dit maak nie saak nie: Die skape wat wil vrek, moet vrek, en die skape wat wil verdwaal, moet verdwaal. As daar skape oorbly, dan kan hulle mekaar opvreet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe vir hulle gesê: “Ek stel nie langer daarin belang om julle oppasser te wees nie. As julle doodgaan, is dit nou maar daarnatoe. En as julle wegraak, is dit nou maar julle lot. In elk geval sal die mense wat oorbly, mekaar uitroei.” |