Zechariah 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het ook drie herders in een maand uitgeroei; en my siel het 'n afsku gehad van hulle, en hulle het ook 'n afsku gehad van my.
Afrikaans (NLV) 2011 In een maand het ek van drie slegte herders ontslae geraak. Ek het ongeduldig met die skape geword en hulle het ook vir my moeg geword.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.
Afrikaans 1983 Binne een maand het ek van drie herders ontslae geraak. Maar ek het ongeduldig geraak met die skape, en hulle het ook vir my moeg geraak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van drie herders het ek in een maand ontslae geraak. Ek het ongeduldig geraak met hulle; ook hulle het 'n afkeer in my gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het in die eerste maand drie skaapwagters weggejaag. Maar ek het ongeduldig geword met die skape, en hulle het ook nie van my gehou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sommer in die eerste maand het ek van drie herders ontslae geraak. Maar nie lank nie of ek het begin moeg raak vir die mense wat ek versorg. Maar hulle het ook nie veel ooghare vir my gehad nie; om die waarheid te sê, hulle het my gehaat.