Zechariah 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die slagskape laat wei, julle, armes van die skape. En ek het vir my twee draaghoute geneem; die een het ek Skoonheid genoem, en die ander het ek Bande genoem; en ek het die skape gevoed.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe die skape wat bedoel is om geslag te word, opgepas — veral die onderdrukte skape. Ek het twee herderskieries gevat, die een het ek Guns en die ander een Eenheid genoem.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die slagskape -- waarlik ellendige skape! -- opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.
Afrikaans 1983 Ek het toe 'n herder geword in diens van dié wat met die slagskape handel dryf. Ek het twee kieries gevat, die een Vriendelikheid genoem en die ander Vereniging, en ek het vir die skape 'n herder geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het die kleinvee wat geslag gaan word, en aan die kleinveehandelaars behoort, opgepas. Ek het vir my twee herderstokke geneem; die een het ek Welwillendheid genoem en die ander een Samehorigheid. So het ek die kleinvee opgepas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Sagaria, het toe die slagskape opgepas vir die mense wat hulle koop en verkoop. Ek het twee kieries geneem en ek het die skape opgepas. Ek het die een kierie “Vriendelikheid” genoem en die ander kierie “Saamwees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die mense begin oppas en versorg net soos ’n herder die vee van die veehandelaars sou oppas. Hierdie vee was bedoel om geslag te word. Vir dié takie het ek vir my twee kieries in die hande gekry waarmee ’n mens skape oppas. Ek het die een kierie Vriendelikheid genoem en die ander een Saamwees.