Zechariah 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal die inwoners van die land nie meer ontferm nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gee die manne, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning, en hulle sal die land verslaan en uit hulle hand sal Ek hulle nie red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so sal Ek ook nie meer meegevoel hê met die inwoners van die land nie,” sê die Here. “Ek laat hulle in mekaar se kloue val en in die kloue van hulle koning. Hulle sal die land in ’n wildernis verander en Ek sal hulle nie red nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.
Afrikaans 1983 Ek gee ook nie meer om vir die inwoners van die land nie, sê die Here, Ek gee hulle oor in mekaar se mag en in die mag van hulle koning. Die land sal uitmekaar geslaan word, maar Ek sal niemand red nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, Ek sal nie langer medelye met die inwoners van die land hê nie,” is die uitspraak van die Here. “Kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy medemens en van sy koning. Hulle sal die land vernietig en Ek sal niemand uit hulle hande red nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ja, Ek sal nou ook nie meer jammer wees vir al die mense in die land nie. Ek laat hulle nou doen wat hulle wil met mekaar en Ek laat hulle koning doen wat hy wil met hulle. Hulle sal die land verwoes, en Ek sal niemand red nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Ek gee ook nie meer om vir die mense wat in die land bly nie. Ek gaan mense met mekaar laat maak nes hulle wil. Ek gaan hulle ook aan die koning oorgee om met hulle te maak net soos hy lus het. Hierdie leiers sal die land verwoes, maar Ek is nie van plan om enigiemand te beskerm nie.”